Saturday, April 25, 2009

Dis weer tyd vir die ATKV Redenaars. ! Alle leerlinge wat deelnaam oefen hopelik baie , en vir al die mammas wat hulle kinders help en ondersteun onthou: natuurlikheid, die inleiding en slot is baie belangrik. Ook belangrik is korrekte pousering, klem op spesifieke woorde, om veral nie te vinnig die inhoud van jou stuk af te rammel nie, dis waaraan baie kinders hulle skuldig maak, uit pure senuweeagtigheid, natuurlik!
Die Eisteddfod in verskillende provinsies en streke is ook nou weer om die draai, en affiliasie is noodsaaklik. Indien die skool waar jou kind skoolgaan nie deelneem nie, vind uit of dit moontlik is dat ouers in daardie streek kan affilieer, en doen dit so spoedig moontlik! So kry jou kind kans om deel te neem, en so 'n kans verskaf aan die kinders oneindige voordele wat betref hulle verdere toekoms. In bykans alle beroepe is dit mos so dat dit tot werknemers se voordeel strek as hulle goeie sprekers is.
Wat natuurlik baie belangrik is met "Undramatised poetry, (as well as dramatised) is om die gedig reg te kies.
Dis baie belangrik dat die gedig pas by die leerder of jou kind se geaardheid. As jou kind 'n stil, ernstige kind is, dan sal dit mos nie werk om vir hom/haar 'n gedig te kies wat vrolik en borrelend is nie, nee, kies dan 'n ernstige gedig, en jou kind hoef nie noodwendig vreeslik van sy/haar geaardheid af te wyk om goed te doen nie. Hoop almal doen goed , en GENIET dit. Dis kan baie lekker wees, veral as almal nie noodwendig deelneem om te wen nie, maar om dit ook te geniet!

No comments:

Post a Comment