Monday, April 27, 2009





KOLMANSKOP- SPOOKDORP IN DIE NAMIB
1. Kolmanskop, een van die bekendste sppokdorpe in Namibië, is naby Luderitz geleë.
2. Historiese oorsig:
Die dorp is vernoem na Johnny Kolman, 'n transportbestuurder. Lelawa, wat saam met hom gewerk het, het 'n diamant in die Kolman-omgewing opgetel. Dit was in 1908, en 'n diamantstormloop het gevolg.

3. Bloeitydperk
Na die ontdekking van diamante het fortuinsoekers van alle dele van die wereld soontoe gestroom, en die elegante dorp Kolmansdorp het ontstaan. Daar was onder meer 'n casino, teater, kegelbaan, ysfabriek, swembad en hospitaal wat die eerste x-straalmasjien in die suidelike halfrond gebruik het. Meer as 1000kg diamante is hier ontdek voor die 1ste wêreldoorlog. Salarisse was baie hoog, en bykans alles was gratis soos huise en melkaflewering.

4. Doodgeloop
Inwoners het stelselmatig na Luderitz en ander plekke verhuis namate die mynbedryf op Kolmanskop doodgeloop het. Die huise en strate is toegewaai deur sand, en spoedig het dit in 'n spookdorp verander.

5. Wat is gedoen om dit te laat herleef?
Vandag is Kolmanskop 'n spookdorpie met ongelooflike geskiedkundige geboue wat deels onder sandduine versteek is. Danksy bewaring is dit nou 'n merkwaardige en unieke besoekpunt vir toeriste. Die teater is steeds in 'n goeie toestand. Dis 'n uitstekende plek vir professionele fotograwe . Toere is Maandae tot Sondae. Permitte is nodig om foto's te neem.

5. Bronne
1. http://wikipedia.org/
2. www.ghosttowntours.com/kolmanskop.htm
3. http://www.encounter.co.za/article

2 comments:

  1. You can buy diamonds in Kolmanskop today.

    ReplyDelete
  2. Vervang asb die skakel na Encounter (die 3de bron) met die volgende
    http://www.encounter.co.za/article/87.html

    ReplyDelete